Gaan na inhoud
Almanak
Kieslys

Installeer Almanak

Almanak is nie 'n lêer wat jy aflaai nie. Jy maak almanak.co.za oop en voeg dit by jou tuisskerm. Dit kos geen 40 MB aflaai nie en werk ook sonder sein.

Android

  1. Maak almanak.co.za oop in Chrome.
  2. Tik die drie kolletjies regs bo.
  3. Tik “Installeer app” of “Voeg by tuisskerm”.
  4. Almanak verskyn tussen jou ander apps.

iPhone

Dit moet Safari wees. Chrome op 'n iPhone kan dit nie doen nie.

  1. Maak almanak.co.za oop in Safari.
  2. Tik die deel-knoppie: die vierkant met die pyltjie wat opwys.
  3. Rol af en tik “Voeg by tuisskerm”, dan “Voeg by”.
  4. Maak Almanak oop vanaf jou tuisskerm, nie vanaf Safari nie.

Kennisgewings

Almanak vra eers ná installasie of dit vir jou kennisgewings mag stuur. Op 'n iPhone werk kennisgewings net as Almanak op die tuisskerm is.

Kennisgewings sê net dat daar iets nuuts is. Jou kind se naam of waar hulle is, verskyn nooit op jou sluitskerm nie, want enigiemand by die tafel kan dit lees.

Aanmeld

Daar is geen wagwoord nie. Jy kry 'n kode per e-pos, en daarna maak jy oop met jou vingerafdruk of gesig. Jy kan sien op watter toestelle jy aangemeld is, en enige een afsny.

Installeer Almanak op jou foon